Go to BOOK SA home
20 Mar 2010

Zebra

@ BOOK Southern Africa

Archive for the ‘Angola’ Category

Cameron Blake’s Troepie in English and Afrikaans

July 8th, 2009 by Amanda

TroepieTroepie: From Call-up to Camps is a collection of excerpts from interviews with former conscripts in which they recall their time in the South African Defence Force.

The chapters are structured according to the general sequence of a conscript’s experience: receiving call-up papers, klaaring in, the first week of Basics, keuring, bush phase, second-phase training, general service, the Border, Angola, the townships, klaaring out and camps. Appendices give additional information on a range of matters, from the context of the Angola War to National Service medals. A comprehensive glossary explains military terms.

Cameron Blake lives in Cape Town. He works at The Africa Star, a shop that sells coins, medals and surplus military items, where he conducted most of the interviews that appear in this book.

Troepie: From Call-up to Camps is also available in Afrikaans as Troepie: van blougat tot bosoupa.

TroepieVir meer as ’n halfmiljoen wit Suid-Afrikaanse mans wat voor 1994 opgeroep is, was Nasionale Diensplig ’n verpligte, veeleisende en intense ervaring wat ’n kragtige uitwerking op hulle lewe gehad het. Hierdie boek is ’n versameling vertellings waarin meer as veertig voormalige dienspligtiges hulle herinneringe aan hulle dienstydperk in die Suid-Afrikaanse Weermag met ons deel.

Die hoofstukke lei jou deur die fases wat die loopbaan van ’n Nasionale Dienspligtige gevorm het: oproepinstruksies, inklaar, Basies, keuring, bosfase, tweedefase-opleiding, algemene diens, die Grens, Angola, die townships, uitklaar en kampe. Met die klem op die humor sowel as die swaarkry, verskaf hierdie vertellings ’n verskeidenheid perspektiewe op inspeksies, dril, wagdiens, Grenspatrollies, kontak, en die alledaagse lewe in die SAW.

Ook ingesluit is amptelike dokumente soos oproepinstruksies, uittreksels uit die Basiese Opleiding-handleiding, en ’n uitklaarsertifikaat. Bylaes verskaf meer inligting oor die geskiedenis van Nasionale Diensplig en plaas die Grensoorlog en ander kwessies binne konteks.

Troepie: van blougat tot bosoupa moet gelees word deur enigiemand wat Nasionale Diensplig gedoen het, of iemand ken wat dit gedoen het. Dit is ’n insiggewende en fassinerende verslag van wat dienspligtiges in werklikheid ervaar het.

Cameron Blake het in Johannesburg grootgeword en aan die Michaelis Skool vir Beeldende Kunste in Kaapstad gestudeer voordat hy sy Nasionale Diensplig in die vroeë negentigs gedoen het. Hy werk tans by The Africa Star, ’n winkel in Kaapstad wat muntstukke, medaljes en militêre items verkoop, waar hy die onderhoude wat in hierdie boek gebruik is, gevoer het.

Book details