Archive for the ‘Afrikaans’ Category
March 5th, 2010 by Amanda

Wat hou jou snags wakker? Vir sommige is dit geldsake, of die kinders of dinge by die werk. Rhynie Greeff kyk in sy rubriek na die nagmerries wat die wêreld wakker hou. Greeff vermaak By lesers al vir jare met sy Briewe uit Brittanje (nou ook as ‘n boek beskikbaar).
In 1963 het die Amerikaanse burgerregtestryder Martin Luther King jr. gesê: “Ek het ʼn droom”.Die wêreld skreeu daarenteen al eeue lank: “Ek het ʼn nagmerrie”.Met die oorgang na die 1800’s het baie mense in die nagmerrieteorie van Thomas Malthus geglo van wêreldhongersnood omdat die wêreldbevolking baie vinniger as kosproduksie sou groei. Gelukkig sit Malthus die pessimis die pot toe mis omdat hy nie nuwe voedseltegnologie voorsien het nie.Op Oujaarsaand 31 Desember 1999 het almal vreesbevange gewag vir die oomblik wanneer die kalender na 2000 sou oorslaan, die milleniumgogga rekenaars psigopaties sou maak en vliegtuie uit die lug sou val.
Boekbesonderhede
Foto te danke aan Graphic-Design-Blog
February 19th, 2010 by Amanda

Max du Preez is al om die beurt geprys en verkwalik vir sy kritiek oor President Jacob Zuma en die ANC (veral teen Julius Malema en die jeugliga). Díe keer maak Du Preez egter ‘n interessante vergelyking tussen Zuma en vorige Afrika-konings of Opperhoofde soos Moshoeshoe en Sobhuza. Wil Zuma koning kraai of President wees vra hy. Baie sal sê die antwoord is eenvoudig – kyk hoe het Zuma dan gemaak toe ‘n jong man hom die week glo gevloek het – die jong lat is reguit selle toe gestuur. Die reaksie wys meer na ‘n verontwaardigde heerser as ‘n demokratiese president of hoe? Die onderstaande artikel is in Beeld gepubliseer kort voor President Zuma se power staatsrede.
Pres. Jacob Zuma gedra homself al hoe meer soos ’n tradisionele Afrika-koning of opperhoof eerder as die president van ’n moderne regstaat.
Ek bedoel nie nare kêrels soos Shaka of Mzilikazi nie; ek bedoel goedaardige opperhoofde soos Sekhukhune van die Bapedi, Sobhuza van die Swazi en Moshoeshoe van die Basotho. Hulle was al drie groot nasiebouers en het stabiliserend op hul omgewing ingewerk.
Toevallig – of juis nie? – was dié drie konings ook bekend daarvoor dat hulle vreeslik baie vroue en kinders gehad het.
Moshoeshoe (1786 – 1870) was een van die eerste leiers in suider-Afrika wat sy koninkryk eerder gekonsolideer en verdedig het as om oorlog te maak. Hy was die koning wat na sy onderdane geluister het; die diplomaat en vredemaker; die inklusiewe, verdraagsame staatsman.
Boekbesonderhede
Cats: Afrikaans,
Non-fiction,
Politics,
South Africa Tags: Afrikaans,
Beeld,
Dwars,
Jacob Zuma,
Kwela Books,
Max du Preez,
Mymeringe van ’n Bleek Boorling,
Non-fiction,
Politics,
South Africa,
Zebra
February 18th, 2010 by Amanda



‘n Goue somersaand het gaste Woensdag aand 17 Februarie by Scusi in Parkview verwelkom by die bekendstelling van Rhynie Greeff se Briewe uit Britanje. Die gaste was ‘n eklektiese versameling met onder meer Greeff se dogter die “rock” legende Karen Zoid, TV genie Franz Marx, media persoonlikheid Deon Maas, die voormalige TV aanbieder Liz Dick en die akteur, Richard van der Westhuizen.
Almal het heerlik gekuier en gepeusel aan sushi, satay en vonkelwyn voordat die toespraake in erns begin het. Greeff is deur verskeie vriende, famielielede en ondersteuners vervelkom. Briewe uit Britanje is ‘n versameling artikels uit sy maandelikse rubriek wat sedert 2005 in Beeld, Sake-Beeld en Sake 24 gepubliseer word. Greeff beskryf die boek as ‘n plesier wat hom toelaat om sy spotprente in te sluit en goeie herinneringe te koester.
Karen Zoid het erken dat daar pa vanuit moeilike omstandighede gekom het en met trots gepraat oor alles wat hy al intussen vermag het. Sy het ook genoem hoe haar vriende altyd haar pa gaan opsoek wanneer hulle London toe gaan. Sy het haar toespraak met die heildronk beëindig: “Cheers Pa, baie sterkte met hierdie boek”.
Greeff het verskeie herinneringe met die gehoor gedeel en, baie in die gehoor bedank vir hul rol in die skryf van sy rubriek, en nou ook die boek. Hy het sy rubriek vergelyk met die gewilde Letter from America deur die skrywer Alistair Cook maar, het geterg dat sy eie werk moontlik meer satiries of, eintlik soms, sommer snert is. Briewe uit Britanje is vir Rhynie baie kosbaar: “Ek is baie bly dat julle almal deel is van my herinerring want as ek die dag nou gaan loop… kan julle almal nog my lees.”
Facebook galery
Boekbesonderhede
Cats: Afrikaans,
South Africa Tags: Afrikaans,
Bekendstelling,
Book Launch,
Briewe uit Brittanje,
English,
Facebook,
Fiction,
Johannesburg,
Karen Zoid,
Rhynie Greeff,
Scusi,
South Africa,
Zebra
February 16th, 2010 by Amanda

Zebra Press cordially invites you to the launch of Briewe uit Britanje by Rhynie Greeff, in Johannesburg tomorrow evening.
The guest speaker will be none other than Karen Zoid. See you there!
Event Details
- Date: Wednesday, 17 February 2010
- Time: 6:00 PM for 6:30 PM
- Venue: Scusi Bistro, 66 Tyrone Ave
Parkview
Johannesburg | Map - Guest Speaker: Karen Zoid
- RSVP: Kim, kim@randomstruik.co.za, 011 484 3538
Book Details
Cats: Afrikaans,
Events,
Non-fiction,
South Africa Tags: Afrikaans,
Briewe uit Brittanje,
English,
Events,
Fiction,
Karen Zoid,
Non-fiction,
Rhynie Greeff,
Scusi Bistro,
South Africa,
Zebra,
Zebra Press
February 5th, 2010 by Amanda
Rhynie Greeff vermaak Beeld lesers al ‘n geruime tyd met sy maandlikse rubriek, Briewe uit Brittanje. Die briewe, en heelwat nuwe materiaal, is onlangs in ‘n boek met dieselfde naam vrygestel. Hiermee een van Greeff se nuutse briewe oor hysbakke, roltrappe, Jules Verne en reise rondom die wêreld.
Toe die eerste wiel by Oerman Ingenieurswerke uitrol het die ekonomiese landskap oornag verander. Die Van der Grot-familie was skielik mobiel. Mevrou Van der Grot kon haar spelonk vir ultramoderne stok-en-velle opslaanbehuising verruil en meneer Van der Grot was op pad na die gesondste uiteindelike toepassing van die wiel – die geperforeerde toiletrol.
Ons almal sou egter vandag as Van der Grotte in enkelverdiepinghuisies in Pannekoekfontein en Platplaasburg gewoon het as dit nie vir twee verdere verfynings van die wiel was nie – die hysbak en die roltrap – toonaangewende verlengings van die mens se voetstap.
Ek het dit nou die dag in die voorportaal van die Grosvenorhotel by Victoriastasie besef waar die wêreld se eerste hotelhysbakke (“ascending rooms”) tussen 1861 en 1864 in diens geneem is sodat hotelgaste kloustrofobiese doodsvrees in ʼn klimtolhok met totale vreemdelinge kon deel. Soos die humoris Sam Levenson later sou skryf: “As jy in ʼn hysbak sterf, maak seker jy druk die ‘op’-knoppie.”
Boekbesonderhede
Cats: Afrikaans,
Non-fiction,
South Africa Tags: Afrikaans,
Beeld,
Briewe uit Brittanje,
English,
Non-fiction,
Rhynie Greeff,
Rubriek,
South Africa,
Zebra
January 18th, 2010 by Amanda



Marlene Wasserman, of te wel Dr Eve, is sekerlik Suid-Afrika se mees bekende seksterapeut. Derduisende aanhangers se sy het hulle huwelike en verstand gered met haar raad en goeie wenke. Sy het glo ook hul lewenstyle verbeter met boeke soos The Pillowbook en Ageing and Sexuality.
Wie dan beter om vir Tiger Woods deur sy troebel toestand te help? Dr Eve het die afgelope naweek ‘n ope aanbod van hulp aan Woods gemaak in Rapport:
“Tiger, indien jy in Afrika is… kom na vore, gesels oor alles waardeur jy gaan. Gebruik die geleentheid om mense op te voed oor jou toestand en word ’n rolmodel vir mans.”
Dít is die ope uitnodiging wat dr. Marlene Wasserman aan die bekende gholfspeler rig. Sy is ook bekend as dr. Eve, een van die land se bekendste seksterapeute.
Wasserman sê sy kan nie voorbly met navrae oor seksverslawing nie sedert gerugte die ronde begin doen het dat die sportster in Montrose Place in Bischopscourt, Kaapstad, behandel word.
Boekbesonderhede
Foto te dank aan Mediaswirl
Cats: Afrikaans,
Health,
Lifestyle,
Non-fiction,
South Africa Tags: Afrikaans,
Ageing and Sexuality,
Creating a Sensual Lifestyle,
Dr Eve,
English,
Health,
Lifestyle,
Marlene Wasserman,
Non-fiction,
Oshun,
Publisher,
Rapport,
South Africa,
Subtitle,
The Pillowbook,
Your 21st Century Guide to Lifelong Sensuality
January 8th, 2010 by Amanda
’n Versameling genotvolle essays geskryf vir Rhynie Greeff se vermaaklike rubriek, Brief uit Brittanje, wat sedert 2005 in verskeie Afrikaanse koerante verskyn het.
Briewe uit Brittanje dek, onder andere, amusante verbintenisse met Suid-Afrika, satiriese stukke soos ’n gesprek met Charles Dickens en komiese stories oor die vorstehuis, ’n seksmiljoenêr, ’n fisantejag en ’n F.W. de Klerk-gholfbaan in Brittanje. Grappige en soms oneerbiedige stukke oor politici, klimaatsverandering, geheime agente en sport word getemper met dieper insig oor rolspelers soos die Suid-Afrikaner wat die vader van die moltreinstelsel was, die beroemde vlieënier Sailor Malan en die Brit wat in 1910 met Uniewording ’n twee dae lange straatskouspel in Kaapstad met 6 000 deelnemers aangebied het. Die stories wyk ook uit na Doebai, Switserland en die VSA, en daar is oorgenoeg verskeidenheid om die leser geïnteresseerd te hou.
Die speelse humor maak die boek ontspannend en onweerstaanbaar, maar dit is ook leersaam en prikkelend. Dis ’n heerlike leeservaring vir oud en jonk.
Oor die outeur
Rhynie Greeff woon in Engeland en het ’n doktorsgraad in ekonomie. Hy is ’n voormalige diplomaat en sakeman in die chemiese bedryf, kommoditeitshandel, sportbestuur en telekommunikasie. Hy was baie jare lank in die topbestuur van Telkom.
Hy is ’n liedjieskrywer met “Baby You’re a Magician” wat deur Ray Dylan (EMI) opgeneem is en is ook die agtergrondstem op Karen Zoid se treffer “Afrikaners is Plesierig”. Sy roman, Daughter of the Stars, het in 1996 verskyn.
Sy bekende maandelikse rubriek, Brief uit Brittanje, verskyn sedert 2005 in Beeld, Sake-Beeld en Sake24 (ingesluit by Die Burger en Volksblad).
Boekbesonderhede
December 3rd, 2009 by Amanda
Sou jy vandag in Elsabet Louw vasloop sou jy waarskynlik ‘n goeie vriendin met ‘n glimlag wat regstaan ontmoet. Jy sou haar waarskynlik glad nie assosieer met iemand wat deur ‘n verskriklike trauma moes werk nie. Beslis nie as ‘n vrou wat ‘n ondersteunersgroep vir verkragte vroue gestig het nie.
In hierdie blog praat ‘n vriendin oor die Elsabet Louw wat sy leer ken het en wat Louw vasgepen het in haar boek, Woensdag.
Ek het vanmiddag saam met my vriendin, Elsabet, ‘n koffie-date by een van ons plaaslike kwekerye gehad. Ons het baie gelag. Gesels oor die ou dae. Oor my lewe in Saudi. Oor haar lewe in Bloem. En oor die dinge van die lewe.
Ons het saam by dr. Werner van Pletzen, ‘n algemene praktisyn hier in Bloemies, gewerk. Sy’t die telefoonlyne stilgehou en ek het die telefoonlyne besig gehou – sy het met sagte simpatieke stem geantwoord as hulle bel; ek het die geagte pasiente per telefoon opgekeil oorlat hulle nie hulle rekening binne dertig dae betaal nie.
Book details
Cats: Afrikaans,
Biography,
Non-fiction,
South Africa Tags: 'n Ware verhaal van verkragting en vergifnis,
Afrikaans,
Biography,
Crime,
Elsabet Louw,
Mweb,
Non-fiction,
Oshun,
Oshun Books,
South Africa,
Woensdag
November 16th, 2009 by Amanda


Amor Vittone is die afgelope tyd deur diep waters. Na die publiseering van Joost van der Westhuizen se boek: Joost: Spieelbeel / Joost: The Man in the Mirror, het die stormwolke behoorlik losgebars. Sarie praat met Amor oor die huidige troebel toestand maar ook oor wat die toekoms inhou.
Hoe sien sy haar toekoms en wat van die bewerings oor ander minaresse? Hieroor praat Amor Vittone openhartig in Desember se SARIE. Dié uitgawe is van Vry 6 Nov in die Kaap te kry en vanaf Maandag 9 Nov landwyd.
‘n Uittreksel uit die artikel:
“Kan jy nie sien ek het oud geword nie?” vra sy.
“Dit voel vir my asof ek in die laaste jaar tien jaar ouer geword het. Of dalk het ek volwasse geword. Ek het so baie dinge geleer. Ek moes leer wie om te vertrou. Ek sien die lewe vanuit ’n ander oogpunt. Ek is meer sinies, hoewel ek nie my vertroue en my hoop in die lewe verloor het nie. Hopelik maak dit alles van my ’n beter mens.
Boelbesonderhede
Foto te dank aan WhosWho
Cats: Afrikaans,
Biography,
Non-fiction,
South Africa,
Sport Tags: Afrikaans,
Amor Vittone,
Biography,
David Gemmell,
English,
Joost,
Non-fiction,
Rugby,
South Africa,
Spieelbeeld,
Sport,
Springboks,
The Man In The Mirror,
Zebra,
Zebra Press
November 9th, 2009 by Amanda

True to his word, Joost van der Westhuizen appeared at two CNA stores in Gauteng to sign books. The Pretoria News caught up with him at the Menyln Park branch:
Marinus Pretorius, 20, said he could not wait to start reading Van der Westhuizen’s biography, Joost, The Man in the Mirror. “My father is reading it at the moment, but as soon as he puts it down, I am grabbing it.”
Pretorius said no matter what Van der Westhuizen had done, he still remained his loyal fan.
“Joost has been my hero since I was 12. I never liked rugby, but he made me love the sport. I cannot tell you why I like him. I just like him. It’s like Naas (Botha). I simply just like them.”
Book details
Cats: Afrikaans,
Biography,
Non-fiction,
South Africa,
Sport Tags: Afrikaans,
Biography,
Book Launch,
CNA,
Joost,
Non-fiction,
Pretoria News,
South Africa,
Spielbeeld,
Sport,
The Man In The Mirror,
Zebra