Go to BOOK SA home
21 Mar 2010

Zebra

@ BOOK Southern Africa

‘n Nuwe rubriek deur Rhynie Greeff, outeur van Briewe uit Brittanje

February 5th, 2010 by Amanda

Briewe uit BrittanjeRhynie Greeff vermaak Beeld lesers al ‘n geruime tyd met sy maandlikse rubriek, Briewe uit Brittanje. Die briewe, en heelwat nuwe materiaal, is onlangs in ‘n boek met dieselfde naam vrygestel. Hiermee een van Greeff se nuutse briewe oor hysbakke, roltrappe, Jules Verne en reise rondom die wêreld.

Toe die eerste wiel by Oerman Ingenieurswerke uitrol het die ekonomiese landskap oornag verander. Die Van der Grot-familie was skielik mobiel. Mevrou Van der Grot kon haar spelonk vir ultramoderne stok-en-velle opslaanbehuising verruil en meneer Van der Grot was op pad na die gesondste uiteindelike toepassing van die wiel – die geperforeerde toiletrol.

Ons almal sou egter vandag as Van der Grotte in enkelverdiepinghuisies in Pannekoekfontein en Platplaasburg gewoon het as dit nie vir twee verdere verfynings van die wiel was nie – die hysbak en die roltrap – toonaangewende verlengings van die mens se voetstap.

Ek het dit nou die dag in die voorportaal van die Grosvenorhotel by Victoriastasie besef waar die wêreld se eerste hotelhysbakke (“ascending rooms”) tussen 1861 en 1864 in diens geneem is sodat hotelgaste kloustrofobiese doodsvrees in ʼn klimtolhok met totale vreemdelinge kon deel. Soos die humoris Sam Levenson later sou skryf: “As jy in ʼn hysbak sterf, maak seker jy druk die ‘op’-knoppie.”

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment