Marlene Wasserman, of te wel Dr Eve, is sekerlik Suid-Afrika se mees bekende seksterapeut. Derduisende aanhangers se sy het hulle huwelike en verstand gered met haar raad en goeie wenke. Sy het glo ook hul lewenstyle verbeter met boeke soos The Pillowbook en Ageing and Sexuality.
Wie dan beter om vir Tiger Woods deur sy troebel toestand te help? Dr Eve het die afgelope naweek ‘n ope aanbod van hulp aan Woods gemaak in Rapport:
“Tiger, indien jy in Afrika is… kom na vore, gesels oor alles waardeur jy gaan. Gebruik die geleentheid om mense op te voed oor jou toestand en word ’n rolmodel vir mans.”
Dít is die ope uitnodiging wat dr. Marlene Wasserman aan die bekende gholfspeler rig. Sy is ook bekend as dr. Eve, een van die land se bekendste seksterapeute.
Wasserman sê sy kan nie voorbly met navrae oor seksverslawing nie sedert gerugte die ronde begin doen het dat die sportster in Montrose Place in Bischopscourt, Kaapstad, behandel word.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment