Go to BOOK SA home
21 Mar 2010

Zebra

@ BOOK Southern Africa

Antjie Krog se Ontnugtering tot die poësie soos gelewer tydens Versindaba 2009

December 11th, 2009 by Amanda

Antjie Krog

Begging to be BlackAntjie Krog is sekerlik ‘n besige dame; haar nuutste boek Begging to Be Black is onlangs gepubliseer en sy het ‘n boeiende pleidooi in die naam van poësie gelewer by vanjaar se Versindaba. Kry hier jou dosis van pragtige Afrikaans met Krog se volledige teks.

Ek neem die volle wapenrusting van die gedig op, sodat ek staande kan bly teen die liste van vervlakking en dwaasheid in hierdie dae van weeklagery en onheil.

Ek staan dan vas, my lendene met metrum omgord, met die borswapen van beeldspraak. En as skoene aan my voete die bereidheid van die versreël met sy grenskuiwende enjambement. Behalwe dit alles neem ek die skild van gefokuswees op waarmee ek al die vurige pyle van die te-lui-om-te-dinkers sal kan blus. Ek laat sak die helm van klank oor my kop en neem in my regterhand die swaard van die metafoor.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment