

Amor Vittone is die afgelope tyd deur diep waters. Na die publiseering van Joost van der Westhuizen se boek: Joost: Spieelbeel / Joost: The Man in the Mirror, het die stormwolke behoorlik losgebars. Sarie praat met Amor oor die huidige troebel toestand maar ook oor wat die toekoms inhou.
Hoe sien sy haar toekoms en wat van die bewerings oor ander minaresse? Hieroor praat Amor Vittone openhartig in Desember se SARIE. Dié uitgawe is van Vry 6 Nov in die Kaap te kry en vanaf Maandag 9 Nov landwyd.
‘n Uittreksel uit die artikel:
“Kan jy nie sien ek het oud geword nie?” vra sy.
“Dit voel vir my asof ek in die laaste jaar tien jaar ouer geword het. Of dalk het ek volwasse geword. Ek het so baie dinge geleer. Ek moes leer wie om te vertrou. Ek sien die lewe vanuit ’n ander oogpunt. Ek is meer sinies, hoewel ek nie my vertroue en my hoop in die lewe verloor het nie. Hopelik maak dit alles van my ’n beter mens.
Boelbesonderhede
Please register or log in to comment