
In die biografiese boek, Spieëlbeeld (The Man in the Mirror in Engels), het Joost van der Westhuizen uiteindelik gevoel hy kan eerlik praat.
Rapport het Sondag berig Van der Westhuizen erken in die boek, geskryf deur David Gemmell, dat dit wél hy in die video met ‘n ontkleedanseres is. Dié video is drie jaar gelede gemaak, maar is ongeveer agt maande gelede aan die pers uitgelek.
Hy praat in Spieëlbeeld oor die hel waardeur hy is: “Elke oomblik van elke dag het daardie video alles in my lewe oorheers. Die feit dat ek besig was om ‘n leuen te leef het my van binne opgevreet en verteer.”
“Dis ek in die seks-video. En ek is bitter, bitter jammer dat ek gelieg het.
“Asseblief, vergewe my.”
Ná agt maande van heftige ontkenning het die Springbokheld Joost van der Westhuizen (38) aan Rapport erken dis hý wat sowat drie jaar gelede skelm verfilm is terwyl hy in ’n Pretoriase huis “seksuele kontak” (soos hy dit stel) met die blonde ontkleedanseres Marilize van Emmenis (nou 24) gehad het.
In dié steelvideo snuif Joost, met net ’n onderbroek aan, ook die dwelm Cat.
Rapport het dié video onthul in dieselfde week waarin Joost en sy vrou, Amor Vittone, hul Christenskap in Vrouekeur bely het.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment